18 - 20 Oct 2018
From R140 per person
Book tickets"Mnr Seks en Mev Kopseer" is 'n konsep so oud soos die berge. Ons weet mos nou al teen die tyd dat die man is altyd lus en vrou altyd geblus!
Maar dit is nou eers onlangs dat hulle uit die slaapkamer begin praat, en dat ons agterkom dat dit eintlik meer "50 skadus van grys" is.
In Timothy Kieswetter se nuutste adult komedie, ontdoos hy al die stereotipiese gedrag wat ons aan die manlike en vroulike seks koppel.
Moenie toelaat dat die samelewing jou in 'n stereotipies boks plaas nie. Ons nooi jou uit om die Alpha-man, die koek, die tert, die seuntjie-man en nog vele meer karakters te ontmoet en sien hoe hulle ontdoos word.
Kom verryk jou huwelik met hierdie vermaaklike en skreeusnaakse een-man komedie wat jy nie wil misloop nie.
Dit mag dalk net jou huwelik weer in die "mood" sit.
P.S Koop 6+ kaatjies en ontvang 'n GRATIS Gesonde Seks DVD op die aand.
Geen onder 18s toegelaat.